text
stringlengths
1
96.5k
trekhulp-funksie, outomatiese remfunksie teen hellings en Terrain Response maak die Evoque ewe vaardig op ’n nat teerpad as op ’n slegte pad na ’n wildsplaas óf selfs uitdagender terrein – alles in ongekende styl. Die Range Rover is baie goed toegerus wat veiligheid en gemak betref. Daar is onder meer ’n navigasiestelsel, truratkamera en parkeerhulp voor, ’n kristalhelder klankstelsel met 11 luidsprekers, afdraandebeheer, stabiliteitsen glybeheer, anti-rolbeheer, verstelbare beligting vir die binneruim, Trailer Stability Assist (as daar ’n sleepstang is) en
sewe lugsakke. Die 8”-raakskerm (dis 20 cm) tussen die bestuurder en voorste passasier is só ontwerp dat die passasier ’n DVD kan kyk terwyl die bestuurder die kaart op die navigasiestelsel dophou. Die hoek waaruit ’n mens na die die skerm kyk, bepaal wat jy sien. Die Range Rover het reeds ’n magdom toekennings ontvang – selfs die gewilde TV-program Top Gear se Motor van die Jaar- asook “Jeremy se Motor van die Jaar”-prys.) Niemand sal dus verras wees as die Evoque Si4 Dynamic vyfdeur ook as Suid-Afrika se Motor van die Jaar gekroon word nie.
Promosieartikel: Nissan Juke 1.6 DIG­T Tekna Met sy aweregse voorkoms en emmers vol rygenot is Juke die kaart wat al die ander kan troef | FOTO: QUICKPIC
Astrante kalant A
s daar een finalis in vanjaar se Motor van die Jaar-kompetisie is wat uitstaan vanweë sy andersheid, is dit die Nissan Juke 1.6 DIG-T Tekna (met leersitplekke). Dié interessante, astrante kalant ly aan ’n erge persoonlikheidskrisis, en is in gewone motorterme onklassifiseerbaar. Hy val onder die generiese spesie-
beskrywing van ’n crossover-voertuig in die sportnuts-genus, met die kompakte B-segment as subgenus. Sy amper organies amfibiese lyne is te danke aan die radikale Qazana-konsepryding van 2009, wat só goed ontvang is dat hy met relatief min veranderinge tot die produksie-Juke gevorder het – selfs die rooi motorfietstenk-mid-
delkonsole en swewende instrumentepaneel is behou… Die Juke se ontwerp kan – soos ’n bulhond – beskryf word as mooi van lelikgeit. Dis dié onkonvensionele, eiesoortigheid wat hom so begeerlik maak. Sy kompakte afmetings, veelsydige pakruim, asook sy vet tekkies en hoë sitposisie dra by tot sy verleidelikheid.
Binne is die vlagskip-Tekna (met leersitplekke) boordens toe vol van elektroniese speelgoed. ’n Veelfunksie-stuurwiel (wat lyk of dit uit ’n 370Z geleen is), verhitte sitplekke, elektries-beheerde ruite en syspieëls, togbeheer, outomatiese klimaatbeheer en ’n gevorderde klankstelsel is alles standaard. Ook die I-CON-bestuurbeheer is interessant, want met dieselfde draaiknoppe beheer jy die klimaatbeheerstelsel én bestuursmodus. In D-modus kan jy kies tussen die Eco-, Normal- of Sport-verstelling, terwyl die beligtingskleur verander wanneer die klimaatmodus verstel word. Die Juke maak egter nie net op sy andersoortige stilering staat nie. Sy 1.6 DIG-T-enjin het ernstige skop, met 140 kW teen 5 600 r/min. en ’n stewige 240 Nm wringkrag. Die 0-100 km/h-lopie draf hy in minder as 8 sekondes kaf. Krag word deur ’n sesgang-handratkas na die voorwiele gestuur, en met konvensionele MacPherson-stutte (met ’n subraam) voor en wringstaafstelsel agter is sy hantering verrassend bekwaam, veral as jy sy ryhoogte en groot wiele in ag neem. Sal die Juke ’n waardige Motor van die Jaar-wenner wees? Beslis, want sy onortodokse stilering, tesame met ’n veelsydige, sportiewe pakket met ’n goeie toerustingvlak en redelike prys (R279 900), maak hom ’n voorloper wat marktendense betref. Dis taamlik seker dat ander vervaardigers ook die Juke-resep gaan beproef.
Promosieartikel: Kia Rio 1.4 TEC luikrug
Gewilde groot kleinding S
edert die bekendstelling van die nuwe Kia Rio-luikrug in November verlede jaar het dié kleinding wat verkope betref, goed gevaar in die plaaslike mark, en ook met heelwat toekennings en pryse – nasionaal én internasionaal – weggestap. Dis nie moeilik om redes hiervoor te vind nie, want die derde geslag Rio beskik oor al die kenmerke wat ’n ongekende bloeitydperk vir dié Koreaanse vervaardiger ingelui het. Dit word verder bevestig deur plaaslike uitkloptoetse in sy klas waarin die klein Kia-topverkoper uitmuntend vertoon het. Die benoeming van die Rio vir vanjaar se Motor van die Jaar-kompetisie onderstreep Kia se opgang verder, want dis die derde opeenvolgende finalis uit sy stal – die Picanto was verlede jaar ’n finalis, en die Sportage in 2010, vir die 2011-kompetisie. Vergeleke met sy voorganger (om nie eens te praat van die eerste geslag nie!) het Kia ’n kwantumsprong geneem met dié nuweling, wat verlede jaar op die Geneefse Motorskou aan die wêreld onthul is. Die Rio is, danksy Peter Schreyer, ’n verdere evolusie in Kia se ontwerpfilosofie wat met die Sportage en Picanto gestalte gekry het, en is ligjare verwyder van sy voorganger se doodgewone, vervelige stilering. Voor gee die reeds kenmerkende “tierneus”-sierrooster, met die Kia-kenteken nou bo-op en nie deel daarvan nie, saam met die voorste buffer en lugskort die kar ’n robuuste, amper aggressiewe voorkoms. En net vir afronding het die TEC-model ook dagryligte (én LED-ligte agter) – heel ongewoon in hierdie segment. Sy korter oorhang voor (25 mm minder), 15 mm laer daklyn en groter glasoppervlak, tesame met ’n stewige wigvorm, laat die Rio dinamies en sportief vertoon, en die TEC-model se 17-duimwiele dra verder hiertoe by. Die Rio is ook langer (20 mm) en breer as sy voorganger, met ’n langer asafstand (70 mm meer), wat meer binneen bagasieruimte beteken, en sy laer daklyn gee hom ’n sleurkoëffisiënt van
Die Kia Rio 1.4 TEC luikrug beskik oor die voorkoms, toerusting en gehalte om vanjaar se wenner te wees | FOTO: QUICKPIC 0,32. Ook sy binne-ontwerp is nou verfynd en byderwets, met sterk horisontale lyne vir ’n groter gevoel van ruimte, ’n drie-silindriese instrumentepaneel vir goeie leesbaarheid, en beter materiale (die TEC-model het leersitplekke) met goeie afwerking. In kort: Die Rio voel binne soos ’n groter ryding in ’n hoër klas, en dit word versterk deur sy lys van toerusting, wat insluit klankbeheer op die stuurwiel, ’n radio-CD-speler met onder meer handvrye Bluetooth en ses luidsprekers, klimaatbeheer, ’n parkeerhulpstelsel en reënsensitiewe ruitveërs. Onder die enjinkap is die Rio TEC-
model met Kia se verbeterde Gammaenjin van 1,4 liter met dubbele CVVT (voortdurende kleptydreëling) toegerus, wat sorg vir ’n lewendige 79 kW en 135 Nm wringkrag. Dit gee die Rio mededingende verrigting en verbruik – tussen 5,4 liter/100 km en 6,4 liter/100 km, volgens Kia – met ’n CO2-uitlaatgas-gradering van 151 g/km vir die sesgang-handratmodel. Ook die veerstelsel – MacPhersonstutte voor en ’n gekoppelde wringstaafas, oftewel CTBA, in Kia-taal, agter – is in die geheel herontwerp vir beter hantering en padhouvermoë. Die agtervering is stewiger om stuurtraagheid teen
Hoe kan ’n sportmotor met ’n bakkie meeding? V
ir diegene wat nie verstaan hoe ’n kar van R183 000 en een van R616 000 teen mekaar mekaar te staan kom nie – onthou, die beoordelaars se opdrag is om elke ryding in sy segment te oor­ weeg. Streng gesproke kom die Kia Rio dus nie teen die Range Rover Evoque te staan nie. Die 86 ook nie teen die Ran­ ger nie. Dit werk só: Die Lexus 350 EX (’n fi­ nalis) moet byvoorbeeld beter geag word as sy klasmaat, die BMW 528i (wat nie ’n finalis is nie). Op sy beurt moet die Yaris HSD (’n finalis) beter wees as die Honda Jazz Hybrid (nie ’n finalis nie). En sy oorhand oor sy klaslede moet die grootste van al die kandidate wees. Hy moet dus ligjare beter wees as die ander rygoed in sy klas. Die bane by Gerotek stel die paneel in staat om die voertuie te evalueer op roetes wat ontwerp is om die voertuie te toets op ’n soortgelyke manier waarop die gemiddelde eienaar hulle sou gebruik. Die toetsdae gee die beoordelaars die
Die BMW 528i was 1997 se wenner FOTO: BMW geleentheid om hulle weer met die voer­ tuie vertroud te maak en te let op spesi­ fieke aspekte soos die estetika, bougehal­ te, ergonomie, brandstofverbruik, omge­ wingsvriendelikheid, veiligheidstoerusting en waarde vir geld. Hoewel al die finaliste as voorbeelde van uitstaande ingenieurswese geag word, kan daar net een wenner wees, en in die oë van die paneel sal daardie
te werk, en wielbeweging is nou 10 mm groter. Wat veiligheid betref, is die TEC-weergawe met ses lugsakke toegerus, en aktiewe stelsels soos sluitweerremme met elektroniese remkragverspreiding is standaard. Dit is dus duidelik dat die Rio 1.4 TEC met sy prys van R182 995 (waarby ingesluit is ’n vyfjaar- of 100 000 km-waarborg en vierjaar/60 000 km-diensplan) goeie waarde vir geld bied. Moet dus nie verbaas wees as die Rio ’n tweede agtereenvolgende Motor van die Jaar-titel aan ’n Koreaanse vervaardiger besorg nie.
ryding volwaardige motor­uitnemend­ heid versinnebeeld. Suid­Afrika se Motor van die Jaar­ kompetisie word die afgelope 28 jaar ge­ borg deur WesBank, met bykomende ondersteuning van Total en Hollard­ver­ sekering. Nadat Total onlangs sy betrok­ kenheid beëindig het, het die smeermid­ delmaatskappy Motul as medeborg toe­ getree. – Justus Visagie
Onthou jy nog? Hier’s vammelewe se wenners: 1986 Toyota Corolla Twincam Sprinter 1987 Mercedes­Benz 260E 1988 BMW 735i 1989 Toyota Corolla GLi Executive 1990 BMW 535i 1991 Opel Monza 160 Gsi 1992 Nissan Maxima 300SE 1993 BMW 316i 1994 Opel Kadett 140 1995 Opel Astra 160iS 1996 Audi A4 1.8 1997 BMW 528i 1998 Ford Fiesta Fun 1999 Alfa Romeo 156 2.0 Twin Spark 2000 Renault Clio 1.4 RT 2001 BMW 320d 2002 Audi A4 1.9 TDI 2003 Volkswagen Polo 1.4 TDI 2004 Renault Mégane II 1.9 dCi 2005 Volvo S40 2.4i 2006 Audi A3 Sportback 2.0T FSI 2007 Honda Civic 1.8 VXi Sedan 2008 Mazda2 1.5 Individual 2009 Honda Accord 2.4 Executive 2010 Volkswagen Golf 6 1.4 TSI 2011 BMW 530d en Volkswagen Polo 1.6 TDI (77kW) Comfortline 2012 Hyundai Elantra 1.8 GLS
’n Nuwe motor nou makliker bekombaar D
ie koste daarvan om ’n motor te besit maak dit vir baie voornemen­ de kopers moeilik – en selfs on­ moontlik – om in ’n nuwe motor te kan wegry, selfs al het huurkoopkontrakte en finansieringspakkette die afgelope jare vindingryker geword. Nou is daar ’n alternatief beskikbaar, maar dit verg ’n kopskuif van die tradisi­ onele beskouing van motorbesit. Ariva, ’n “motorryplan” wat deur die Imperial­ en JD­groep onderskryf word, is ’n bekostigbare huurooreenkoms waar­ by ’n versieningskontrak ingesluit is. Volgens David Smith van LiquidCapi­ tal, ’n finansiëledienste­afdeling van die Imperial­groep, het die JD­groep gevind tradisionele banke keur tot 60% van aan­ soeke om voertuigfinansiering af. Tog het heelwat van hierdie voornemende kopers ingevolge die groep se eie kredietvereistes ’n aanvaarbare risikoprofiel. “Met die groep se ondervinding in die toekenning en bestuur van krediet was dit duidelik dat baie verbruikers wat nie aan banke se vereistes voldoen nie, vir Ariva geskikte kandidate is,” sê Smith. ’n Bewys hiervan is die termynaankope van leefstylprodukte binne die JD­groep se portefeulje (waaronder Incredible Con­ nection), want dit meet verbruikers se vermoë om vasgestelde maandelikse
Die skitterende Kia Picanto is deur Ariva beskikbaar | FOTO: QUICKPIC huurtariewe te delg – die grondslag van Ariva se aanbod. Die Ariva­skema is gegrond op ’n mo­ torverhuringskonsep met volle onderhoud vir die duur van die ooreenkoms – teen ’n vaste maandelikse bedrag. Dit dek die meeste motorkostes sonder die gewone risiko’s van motorbesit, en beskerm die verbruiker teen onvoorsiene uitgawes. Volgens Smith is vasgestelde koste die sleutel tot dié kostesensitiewe intreevlak­ segment. “Dié vasgestelde maandelikse huurbydraes, waarby versekering inge­ sluit is, kan in ’n gesin of individu se be­ groting ingebou word, en dít skep ge­ moedsrus.” Hy voeg by die vaste koste beskerm
kliënte ook teen inflasie, teen verhoogde versieningskoste en versekeringspremies, asook rentekoersverhogings. “Dit maak dit makliker om jou begroting kommer­ vry te bestuur.” Tog is die tradisionele beskouing van voertuigeienaarskap in Suid­Afrika steeds ’n uitdaging. “Mense glo nog hulle wil hulle ryding besit, selfs al is dit in die meeste gevalle ieder geval die bank s’n,” sê David. “Langtermyn­motorhuurooreenkomste is algemeen in die buiteland, maar word nog nie plaaslik so goed aanvaar nie. Ons beskou Ariva as ’n volgende stap om hierdie beskouing te verander en terself­ dertyd meer Suid­Afrikaners die geleent­ heid te gee om in ’n nuwe motor te ry.” Twee opsies is beskikbaar: “Premium” sluit in omvattende dekking, volledige voertuigversiening en bande vir die kon­ trak­tydperk; en “Lite” dek net die huur en versiening van die motor. Ingevolge die voorwaardes kan jy nou ’n nuwe motor ry vir 54 maande (vir tweedehandse of handelsvoertuie is ver­ huring beperk tot 48 maande) en daar­ mee saam kry jy: • omvattende versekering, ’n voertuig­ opsporingstelsel en diensplan; • dag­en­nag­padbystand; • ongelukbystand en ­bestuur; en
Merc­onderhoudsplan OGILVY CAPE TOWN 56007/A
• ’n bonusaansporing aan die einde van die huurooreenkoms. Só kan ’n Kia Picanto 1.0 wat jou op huurkoop R3 493 per maand oor 54 maande uit die sak jaag (met 12 maande padbystand), jou deur Ariva R3 093 per maand kos (met padbystand, ’n diensplan en versekering vir die volle 54 maande ingesluit) – ’n besparing van R400 per maand, dus R21 600 oor 54 maande. Op dieselfde basis sal ’n Toyota Etios 1.5 Xi­luikrug op huurkoop R3 686 per maand kos, en met Ariva se “Lite”­opsie R3 349. Dis R317 per maand minder, ofte­ wel ’n besparing van R17 118 oor 54 maande. Maar wat is die beperkinge? Wel, jou keuse van nuwe voertuie is beperk tot die handelsname in die Imperial­groep; alle versiening vir die duur van die oor­ eenkoms is by Imperial­handelaars (wat beperkte verteenwoordiging in sommige landstreke het); en die klem is op kleiner, goedkoper voertuie. “Ons fokus is op die prysklas onder R150 000,” sê Smith. “Al het Ariva voer­ tuie in die meeste marksegmente beskik­ baar, is ons doel om meer verbruikers toegang te gee tot die motormark.” Indien jy sukkel om voertuigfinansie­ ring te bekom, kan jy Ariva besoek by www.ariva.co.za, die aansoekvorm voltooi en dan kies uit die reeks motors wat be­ skikbaar is by meer as 250 Ariva­geak­ krediteerde handelaars. As jou kredietaansoek goedgekeur word, betaal jy een maand se huur voor­ uit, en betalings vir die res van die kon­ traktydperk word per debietorder afge­ trek. Vir nog inligting kan jy ook 0 0860 0 ARIVA (27482) bel. – Ferdi de Vos
Van die begin van die jaar het elke nuwe Mercedes­ Benz­motor die nuwe, langer onderhoudsplan FOTO: NP
PremiumDrive gee jou verdere gemoedsrus M ercedes­Benz se MobiloDri­ ve­onderhoudspakette was altyd ietwat verwarrend, omdat die eienaar se bydrae vir herstel­ werk en versienings op ’n glyskaal toegeneem het. Nou het Mercedes­ Benz Suid­Afrika PremiumDrive, ’n vereenvoudigde en verbeterde instandhoudingplan, bekend ge­ stel. Dit is ’n sesjaar­ of 100 000 km­onderhoudsplan, sonder enige geldelike bydrae wat van die eie­ naar vereis word. Die plan is in­ gesluit by die verkoopprys van al­ le Mercedes­Benz­passasiersmo­ tors, ook die Viano, wat sedert 1 Januarie 2013 geregistreer is. Pre­ miumDrive hou ook ander voorde­ le in én kan verleng word. “Met die jongste PremiumDrive onderhoudplan verbind ons ons daartoe om aan ons kliënte klas­ leidende diens te gee, wat verdere gemoedsrus bied,” sê Naeem Has­ sim, hoof van naverkopediens by Mercedes­Benz Suid­Afrika. Die vernaamste voordele van PremiumDrive is: ; 100 000 km­ of sesjaar­onder­ houdsplan (wat ook al eerste aan­ breek). ; Geen eienaarsbydrae in hier­ die tydperk nie. Bykomende voordele sluit in: ; Padbystand – wat onder meer insleep dek.
; Reiswaarborg – dekking vir verblyf, openbare vervoer en die terugbesorging van die motor in­ dien dit buite aksie sou wees ver­ der as 100 km van die voertuig se lisensie­owerheid af. ; Bykomende hulp vir noodge­ valle soos ’n pap battery of beska­ digde bande. Kopers het ook die geleent­ heid om PremiumDrive teen ’n koste te verleng. Die volgende Top­Up planne is beskikbaar, met geen bydrae wat van die eienaar vereis word nie: ; PremiumDrive 100: agt jaar of 100 000 km ; PremiumDrive 140: agt jaar of 140 000 km ; PremiumDrive 160: agt jaar of 160 000 km ; PremiumDrive 180: agt jaar of 180 000 km Slegs een van die opsies hierbo kan in ’n voertuig se leeftyd ge­ koop word. Bestaande eienaars op die stan­ daard MobiloDrive­plan (Mobilo 120) wie se motor minder as 60 000 km afgelê het, kan betaal om na PremiumDrive oor te skakel. Mercedes­Benz­eienaars met na­ vrae kan 0800 1333 55 bel of ’n e­pos stuur na mbsa_customer_ser­ vices@daimler.com. – Korrespondent
Maak kleingeld van selfs die grootste taak. Caddy. Met ongeëwenaarde veelsydigheid, lae brandstofverbruik, bewese betroubaarheid en lae lopende koste, is enige uitdaging kinderspeletjies vir die Caddy. Sterk en ekonomiese petrol en TDI enjins beteken dat die Caddy terselfdertyd ’n betroubare werkesel en ’n aanwins op jou suksespad sal wees. Daarby is die Caddy beskikbaar met twee verskillende asafstande wat binneruimte van tot 4.3m3 en ’n loonvrag van tot 800kg bied. Besoek www.vwcommercial.co.za of jou naaste Volkswagen Handelaar en toetsbestuur die Caddy vandag.
Die TCT­Giulietta gebruik minder brandstof as sy handrat­eweknie | FOTO: NP
ee, anders as wat jy dalk dink, is dié nie ’n verslag oor die berugte Silvio Berlusconi nie. Sy “bunga bunga”­partytjies was ’n koppelary van ’n ander aard… En nou blyk dit hy wil so­ waar weer Italië se premier wees! Gelukkig gebeur ander (goeie) dinge ook daar – dinge soos heerlike pastage­ regte, vooruitstrewende modes en die ontwikkeling van lieflike, emosiebelaaide rygoed. In dié opsig het Alfa Romeo eg­ ter die pad vir ’n wyle byster geraak. Nie so erg soos Berlusconi nie, maar tog... Want toe die Fiat­pakdraers in Turyn (Alfa Romeo se base) besluit Giulia en Giulietta word net syfers, is dieAlfa­ont­ werpe tegelyk van emosie gestroop. So was die 155, 156, 164 en 166 elk maar net nóg ’n nommer in die karwê­ reld (goed, goed, die 147 en 159 had ’n bietjie persoonlikheid). Dit het die GT, die Brera en eindelik die MiTo gekos om die Milaanse hartstog te laat herleef. En met Alfa Romeo se eeufeesvieringe in 2010 is Giulietta ook weer na die party­ tjie toe genooi. Sy’t ná ’n kwarteeu soos ’n feniks uit die as verrys – verrassend en verruklik, en hopelik sal sy in haar jongste gedaan­ te sorg dat Alfa ook die feniks­truuk af­ leer. Sover lyk dit of sy dit vermag, want kopers wêreldwyd word deur haar bates verlei – ook met die jongste toevoeging tot haar tegno­arsenaal: ’n TCT­dubbel­ koppelaar­ outomatiese ratkas, soortgelyk aan Volkswagen se DSG­ratkaste. In wese is dit twee parallelle elektro­ nies­beheerde ratkaste: een vir gelyke, en een vir ongelyke ratte, elk met sy eie koppelaar. Dit beteken die volgende rat kan geskakel word terwyl die vorige een nog gesluit is, wat ratwisselings blitsvin­ nig en sekuur maak vergeleke met ’n handratkas. Omdat die TCT­ratkas met Alfa se DNA­program saamwerk wat ook rem­
ming, enjinverrigting en voertuigstabiliteit beheer, is dit besonder doeltreffend. Die TCT­model is 0,1 sek vinniger van 0 tot 100 km/h as die handratweergawe, het 10% beter petrolverbruik as ’n gewone outomatiese ratkas, en stel ook minder koolstofdioksied (121 g/km) vry. Daar is ook ’n stop­ry­stelsel vir die enjin, wat nóg brandstof bespaar. Alfa­Romeo se agente verkondig dan ook TCT is die “beste outomatiese ratkas in sy klas wat betref sy verhouding doel­ treffendheid­tot­verrigting”. Wel, gekop­ pel aan die gewillige 1.4 MultiAir­turbo­ enjin werk die stelsel lekker – veral wan­ neer jy die Dynamic­modus in die Alfa DNA­beheerstelsel kies. In die ander twee modusse – Normal (vir stadsverkeer) en All Weather (vir gladde padoppervlakke) – is wisselings maar traag. Normal kan nog deug, maar vergeet van laasgenoemde in ons land se normaalweg warm, droë omstandighede... Alles in ag genome: Het Giulietta se ratkasnuutjie my oortuig? Wel, die enjinklank met ratwisselings is pure lekkerkry (baie soos dié van ’n GTI met DSG) en die skakelings self ska­ flik, maar dis nog nie so intuïtief en su­ perglad soos die beste in die mark nie. Dalk is dit net omdat ek nog vir Giu­ lietta van ’85 met nostalgie onthou, maar handrat is steeds die een vir my... – Ferdi de Vos SYFERS PRYS R321 290 ENJIN 1,4F-turbopetrol, viersilinder, 125 kW en 250 Nm RATKAS Sesgang-outomaties, dubbelkoppelaar, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 7,8 sekondes en 218 km/h topspoed; 5,2F/100 km OORWEEG OOK VW Golf GTI DSG, Audi A3 1.8T FSI 132 kW S-tronic, Volvo V40 T4 Powershift Excel
Dis een van die lekkerste bussies wat ’n mens kan koop. Hou ook die tweede­ handse mark dop vir winskope, veral nou dat die waarborg lank duur | FOTO: NP
Dié snoetbus stel jou gerus N
adat ek, my ma en twee kleuters op die Kaapstadse internasionale lughawe geland het ná ’n kuier in Bloemfontein, was dit die Grand Scé­ nic 1.6 dCi wat op ons gewag het. Na­ dat die kaartvormige sleutel aan my oorhandig is, stap ons met ’n oorvol bagasietrollie die snoetbus tegemoet. Ek het alwéér die “sleutel” iewers in my handsak gedruk, maar die Grand Scénic se deure sluit oop nadat ek net liggies aan die deurhandvatsel geraak het. Ek installeer gou die kinders se karstoeltjies en pak die ruim bagasie­ bak vol koffers. Met almal vasgegord, druk ek die aansitknop en die 1.6 liter­turbodiesel­ enjin spring aan die werk. Ek is in my noppies dat ek dié nuwe enjin op die proef kan stel, want Renault sê dis die kragtigste 1,6 liter­produksiedieselenjin ter wêreld. (Terloops: hierdie turbodie­ sel is nou ook in die Renault Mégane beskikbaar.) My ma, wat gereeld saam met my in toetskarre ry, vind die blinkswart en chroom­afwerking van die binneruim stylvol en duursaam. Ons het die ge­ bruikersvriendelike Carminat Tom­ Tom­navigasiestelsel (standaard) tot ons beskikking en dié word terstond aangeskakel. Sy beheerknop sit gerief­ lik onder jou handpalm wanneer jy jou voorarm op die middelste armleu­ ning laat rus. Nou kan hy ons waar­ sku teen die spoedkameras tussen die lughawe en Hermanus, want ek kan voel hierdie enjintjie wil lóóp. ’n Mens sit lekker hoog, en dié Re­ nault bestuur allermins busserig. Toe die Grand Scénic ’n week later
SYFERS PRYS R324 900 ENJIN 1.6 liter-viersilinder-turbodiesel, 96 kW en 320 Nm RATKAS Sesgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 11,1 sek. en 195 km/h topsnelheid; 4,4 liter/100 km OORWEEG OOK Toyota Verso 2.0 D-4D TX
Honda Accord 2.4 i­VTEC Tourer Exclusive
terugneem Kaapstad toe, het ek sy draaivatvermoë tot die uiterste beproef. Selfs al vat jy die draaie vinnig, voel die Scénic vas op sy voete. Tipies turbodiesel hou die Grand Scénic daarvan om in die regte rat te wees, veral in die stad. As jou ratkeu­ se te hoog is vir die snelheid waarteen jy voortkruie, vrek hy, maar dan ska­ kel die enjin wonderbaarlik weer dade­ lik vanself aan. Soos gewoonlik prop Renault soveel as moontlik standaard­geriefs­ en vei­ ligheidstoebehore in, en daarom is wegtrekhulp teen hellings ingesluit by die gewone prys. Die beenruimte wat die derde ry opslaansitplekke bied, is nie genoeg vir groot en uitgevrete ou­ ens nie, maar die kortvolk geniet dit om “in die boot” te sit. Die Grand Scénic is ’n omvattend toegeruste, moderne gesinsbussie met hope panache. Boonop gaan hy jou baie kilo’s en goeie verrigting gee vir baie min diesel. Renault se relatief nu­ we vyfjaar­ of 150 000 km­waarborg en vyfjaar/100 000 km­diensplan be­ hoort voornemende kopers meer ge­ moedsrus as voorheen te gee. – Ané Theron
s iemand vir my gesê het ’n stasie­ wa kan sexy wees, sou ek in my mou gelag het. Dié voertuie herinner my altyd aan Amerikaanse TV­reekse uit die jare sewentig – lomp, bokserige karre wat voorstedelike moedertjies ry om hulle spruite by sokkeroefeninge en balletklas­ se te gaan aflaai. Toe kry ek die vaartbe­ lynde Honda Accord Tourer Exclusive om te ry… en daar verdwyn al my voor­ opgestelde idees. Dié stel wiele is eerder ’n luukse sport­ stasiewa, gebou vir langpadgerief en spoed. Al is die kragstuur dalk ’n aks té hulpvaardig, hanteer hy skitterend. Die Tourer se agterstewe is skaars 2 cm langer as die sedan s’n; dus is hy geensins moeiliker om te parkeer nie, al lyk dit so. Met die lang lys van stan­ daardtoerusting kan jy doodseker wees op die geriefs­ of veiligheidsfront word
niks oorgeslaan nie. (Jy sal wel die hand­ leiding moet deurblaai, want regdeur die kajuit is daar ’n magdom knoppies.) Buiten die stabiliteitsbeheer wat selfs ’n swaaiende sleepding tot bedaring kan bring, was dit die Advanced Driver As­ sist System – of ADAS – wat my die meeste beïndruk het. Deur dié stelsel word die Tourer se snelheid eerstens verminder wanneer hy ander voertuie voor “gewaar” en die snel­ heidsbeheer aan is. Dan is daar ook Lane Keep Assist, wat die Tourer tydelik in sy baan sal hou en selfs om geleidelike draaie kan stuur in­ dien die bestuurder sou insluimer. Die derde ADAS­funksie is Collision Mi­ tigation Braking, wat die bestuurder eers waarsku en dan remme aanslaan as jy te deur die blare is om te besef jy gaan in iets vasry. Nommerpas vir pendelaars.
Teen 406 liter is die Accord Tourer se ba­ gasiebak nie juis enorm nie | FOTO: NP Die bedrywige N2 tussen Kaapstad en Somerset­Wes kan selfs op ’n goeie dag ’n hoofpyn wees, maar met dié stelsel was dit ’n stresvrye rit. Die swart leersitplekke bied goeie on­ dersteuning, en die bestuurdersitplek het ’n geheuefunksie sodat jy en jou weder­ helfte elkeen ’n gunsteling­posisie kan berg. Albei voorsitplekke kan verhit word, en die boksie onder die bestuurder se linkerelmboog kan verkoel word. As jy sonlig op jou kroon wil voel, kan jy die elektriese sondak oopmaak. Ry jy gereeld snags langpad? High Beam Assist domp die hoofligte vanself sodat aanko­ mende motoriste nie verblind word nie.
Die op­en­wakker 2,4 liter­i­VTEC­pe­ trolenjin se 148 kW en 234 Nm sorg vir die nodige opwinding. As die noodwiel volgrootte was pleks van ’n Marie­be­ skuitjie, het dié wa volpunte gekry. – Ané Theron SYFERS PRYS R435 600 ENJIN 2.4 liter-viersilinderpetrol, 148 kW en 234 Nm RATKAS Sesgang-handrat, voorwielaandrywing VERRIGTING 0-100 km/h in 8,5 sek. en 222 km/h topsnelheid; 8,9 liter/100 km OORWEEG OOK Volvo V60 T5 Excel
Skepties, ja, maar ook verras
SKEPTIES. DIT WAS MY GEVOEL VOORDAT EK DIE NUWE KAWASAKI NINJA 300 VIR ’N WEEK LANK SOU TOETS. EK BEDOEL, 300 CC? RÊRIG, MNR. DIE REDAKTEUR? DEUR BERT KIRSTEN.
k het hard probeer om nie dié ge­ gewe ysterperd in die bek te kyk nie. Die syfers het my beslis nie ra­ send opgewonde gemaak nie: ’n 296 cc­ enjin wat 29 kW uitbeur teen 11 000 r/min. en 27 Nm teen 10 000 r/min. Maar desondanks skryf Kawasaki op sy web­ werf ’n Europese joernalis het ’n spoed van 180 km/h gehaal op die Duitse auto­ bahn. Hoe groot is hierdie jaertjie, het ek gewonder. Sy kop steek seker nie bo die skerm uit as hy regop sit nie. Ek was maar bra skepties. Toe ek egter voor die baba­Ninja staan, was ek baie beïndruk met die stilering. Hy het duidelik by sy groter broers afge­ kyk. Die windskerms se ontwerp is ag­ gressief, en diegene wat nie vertroud is met motorfietse nie, sal met die eerste oogopslag nie sommer raai dat dié par­ mantige outjie net ’n 300 cc is nie. Nê­ rens op die fiets is ’n plakker of teken wat sy beskeie enjingrootte verraai nie. Die woord “Ninja” is die enigste skrif op die tenk – die letters is ook so reg uit die jare tagtig toe die eerste Ninjas ver­ skyn het. Die windskerm is ontwerp om warm lug van die enjin weg van die ryer
se bene af te lei, wat help om jou koeler te hou in stadige verkeer. Maar hoe gedra die motorfiets hom in vinnige verkeer? Oor die algemeen het die Ninja nie gesukkel om my 85 kg saam met die N1­verkeer tussen Pretoria en Johannesburg te vervoer nie. Opdraen­ des was ’n bietjie moeilik, en soms moes ek tot twee ratte laer gaan om die snel­ heid konstant te hou. Omdat die Ninja se maksimumkrag eers teen baie hoë enjin­omwentelings be­ skikbaar is, moet die ryer aansienlik meer “teenwoordig” en aktief wees met ratverwisseling en versnelling. Wat die ratwisseling betref, is die glipkoppelaar ’n aangename verrassing. Dié funksie kom van renfietse af, en ’n mens kry dit meestal in groter modelle. Dit keer dat die agterwiel sluit wanneer die ryer in ’n draai ’n laer rat haak. Daarby leen die Ninja, met sy lae sitplekhoogte van 785 mm en massa van net 172 kg hom tot ligvoetse passies in die stad en verkeer. Die instrumentasie is soos baie van vandag se motorfietse ’n kombinasie van analoog en digitaal. Die snelheid, horlo­ sie, brandstofmeters en twee ritmeters is
Dis maklik om die klein Ninja 300 vir sy wilder ouboet, die Ninja ZX­6R, aan te sien FOTO: TIM MOOLMAN
296 cc, waterverkoelde parallelle-tweesilinder
29 kW @ 11 000 r/min. 27 Nm @ 10 000 r/min.
172 kg, “opgetop”, reg vir die pad
2,63 F/100 km 17 F
Tweejaarwaarborg, onbeperk met 6 000 kmdiensintervalle
Suzuki GW250 InaZuma, Honda CBR250R
Vervaardiger se syfers digitaal, maar die 13 000 r/min.­rooilyn jaag jy op ’n analoë wyserplaat.
Die Ninja probeer ook politiek korrek wees deur “Eco” op sy digitale gesiggie te flits sodra hy glo die optimale kombina­ sie van spoed en brandstofverbruik is be­ reik. Volgens Kawasaki kan die Ninja nogal suinig wees op brandstof, naamlik 2,63 liter/100 km (dit is 38 km/liter). Op die oog af lyk my aanvanliklike skeptiese gevoel nou onvanpas. Die Ninja se brandstofverbruik en grootte lyk aan­ vaarbaar en die motorfiets is glad nie on­ aansienlik nie. Dit bly egter ’n 300 cc. Die oor moet té hard en aanhoudend ge­ draai word om ordentlike krag uit hom te kry. Dalk was my amper veertigjarige, 85 kg­lyf net te veel vir hom. Manne soos ek gaan nie van hom hou nie – te dik, te oud en wil vinniger ry. Vir die geduldige (en ligte) pendelaar en onervare ryer is die Kawasaki 300 Ninja nommerpas, met die moontlikheid dat daar wel ’n bietjie woema beskikbaar is wanneer dit nodig is. Jy gaan hom ontgroei, maar ’n mens moet êrens begin.
SEIL DEUR 2013 MET WINSKOPE WAT RONDOM JOU ONTWERP IS jou VOLVO S60
jou VOLVO C30
om jou beter rond te karwei
maak dit ’n stylvolle jaar
joune vanaf r4 495 PM * 0 %DEPOSITO
joune vanaf r3 430 PM *
Verdere aanbiedinge sluit in die Volvo S60 T3 Handrat Essential teen R3 960 pm met slegs ‘n 10% deposito.
Totale koste vir kliËnt
Meer aanbiedinge sluit in die Volvo C30 2.0 Handrat Essential teen R4 100 pm met slegs ‘n 0% deposito.
your VOLVO S60 jou VOLVO XC60 & volvo V60** yours from r4 495 PM * 0 %DEPOSIT JOUNE MIN R25 000 **Sit DIT teen jou INRUILBEDRAG, TREK DIT van jou inruilprys af of struktureer JOU EIE PERFEKTE aanbod.
DIE WÊRELD HET TOE NIE TOT ’n EINDE GEKOM NIE – GAAN BELEEF DIT
VEELSYDIGHEID IS STYLVOLLER AS OOIT
vir nog fantastiese aanbiedinge besoek jou volvo handelaar vandag
BF&W. Bepalings en Voorwaardes geld. *Modelle mag verskil van wat vertoon word. Totale koste sluit aanvangs- en maandelikse versieningskoste in. Prys sluit BTW en CO ² emissiebelasting in. Rentekoers gekoppel. Aanbod eindig 31 Maart 2013. Alle finansieringsaanbiedinge onderhewig aan kredietgoedkeuring deur Volvo Car Finansiële Dienste. ’n Afdeling van Wesbank. ’n Afdeling van FirstRand Bank Ltd. ’n Gemagtigde Verskaffer van Finansiële Dienste en Krediet. NCRCP20.
Nylstroomse yster tem Dakar DIE NYSTROOMSE SAKEMAN SAREL VAN BILJON HET VERLEDE MAAND VRIEND EN VYAND BY DIE DAKAR­TYD­ REN VERRAS. OP SY QUAD­ FIETS HET HY IN SY HEEL EERSTE DAKAR DIE VOORSTE RYERS BEHOORLIK LAAT STOF KOU. WILLEM VAN DER BERG HET MET HOM GE­ SELS.
et jy al gehoor van Chuck Norris? Deesdae dra hy ’n Sarel van Bil­ jon­T­hemp. Dis nou ná Sarel se Man van Staal­vertoning in vanjaar se Dakar­tydren in Suid­Amerika. Sarel het Dakar­aanhangers én ­deelne­ mers verras toe hy in sy eerste Dakar die voorste quad­jaers onder die klippe en sand gejaag het met sy E­ATV 690 (dié quad word oorsee omgebou en gebruik die KTM 690­enjin). Hy het tot ’n algehe­ le derde plek gevorder, maar toe val Sa­ rel sy quad op die tiende skof behoorlik uitmekaar. “Ek het die oggend van die 11de skof eers 15 minute voordat die eerste motor­ fietse begin wegtrek, in die kamp aange­ kom. Ek wou aangaan, want anders was alles verby. Maar die organiseerders het gesê ek het nie geslaap nie en daarom is dit te gevaarlik. Hulle wou nie dat ek wegspring nie. Dit was ’n moerse argu­ ment. Ek het ’n dokter gaan spreek en hom gevra om my te toets. Hy’t allerhande toetse gedoen: Dan moet ek op een been staan, dan op die ander een, een arm in die lug en al sulke nonsens, en toe sê hy ek is reg – ek kan maar gaan.” Sarel spring weg toe sowat vyf karre al klaar die pad gevat het. Sy quad is nie in ’n gesonde toestand nie, want die werk­ tuigkundiges het nie tyd gehad om dit
Nommer 277 sit ’n stofskerm tussen hom en die vyand agter hom | FOTO: VERSKAF reg te maak nie. Hy ry dus sonder voor­ remme en ’n beskermingsplaat onder die quad verder. “So het ek daai dag aangekarring, en net gesorg dat ek die kamp haal. Die vol­ gende dag het ek ook agter weggespring en deur die stof aangesukkel. Die der­ tiende skof het ek gewen. Toe is net die laaste skof oor. Ek het gereken ek kan hom maar piets, want môre is daar niks oor nie. En ek het hom óók gewen.” Dit was egter die eerste van drie skofte wat hy gewen het – nommer 8 – wat hom trane in die oë laat kry het. “So 32 km voor die einde het ek besef ek loop voor. Ek was skoon skrikkerig. Sommer bang iets gebeur en iemand kom verby my. Jy wil versigtig ry sodat niks gebeur nie, maar jy wil ook jaag sodat jy kan voor bly. Die laaste kilometer het ek trane in my oë gehad. Ek was só bly. Dit het gevoel ek het die hele ding gewen. Ek was in die sewende hoenderhemel.” Die laaste ent na die einde toe het die
toeskouers langs die pad saamgedrom en sy naam geskreeu en hom toegejuig. Een vrou het selfs haar hemp opgeruk toe Sarel verbykom. Uit volle bors het sy hom ondersteun… “Die mense daar is so clued­up met wat aangaan op elke dag se skof. Hulle volg alles op hulle foon. Die Argentyne is absoluut Dakar­mal. Een aand by ’n mo­ torhawe waar ons petrol ingegooi het, het hulle om my saamgedrom en gevra of hulle kan foto’s neem. Een ou het selfs ’n foto van my geneem saam met sy pap baba. Die kind se kop het sommer so skeef teen sy skouer gelê.” Die duine is groot, sê Sarel. “Dit is monsteragtig. Ons het ’n slag 1,6 km lank teen ’n duin afgejaag tot teen die see.” En die hitte verskriklik. “Jy drink elke dag omtrent 8 liter wa­ ter. Terwyl ons wag om weg te spring, kruip die ouens onder hulle motorfietse in om skaduwee te kry. Die oggend toe
ons oor die Andes ry, was dit rondom ­10 °C. Drie uur later was dit 46 °C.” Sarel het in ’n eenmantentjie op ’n op­ blaasmatras geslaap. “Die eerste paar aande slaap jy maar half sleg. Dit raas basies regdeur die nag in die kamp. Maar hier teen die einde kon jy een van die generators binne­in my tent staan­ maak, ek sou steeds slaap.” Op die laaste skof het Sarel se grootste verrassing van die Dakar by die eind­ streep op hom gewag: sy vrou, Annalene. Sy vertel: “Ek was in Lima [Peru] vir die wegspring, maar het verder die hele ren van die huis af [in Suid­Afrika] ge­ volg. Dit het my senuwees gedaan ge­ maak om elke dag vir nuus en uitslae te wag. Elke aand tot in die oggendure. Ek het besluit om Sarel te gaan verras by die einde, dit maak nie saak hoeveelste hy eindig nie. Ek is ongelooflik trots op hom. Hy’s my ysterman.” Toe hy sy helm by die eindstreep af­ haal en Annelene stap na hom toe, kry Sarel ’n groot knop in sy keel. “Al wat ek kon sê was, ‘wat de f— maak jy hier’.” Ja, elke ysterman het maar sy sagte plekkie. ; Sarel bedank alle ondersteuners vir hulle boodskappe en bystand en die blote feit dat hulle hom en sy vordering gevolg het. Hy het algeheel 21ste geëindig in die quad­afdeling. (Slegs 21 uit 38 quadfietse het die Dakar voltooi.) ; Ander Suid­Afrikaners wat goed ge­ vaar het in die Dakar: V Giniel de Villiers, in sy Toyota Hilux, eindig algeheel tweede (voertuie) en eer­ ste in sy klas (petrolaangedrewe 4x4’s) V Riaan van Niekerk (KTM) eindig al­ geheel 13de (motorfietse) en eerste as nu­ weling. Dit was sy eerste Dakar. V Darryl Curtis (KTM) eindig algeheel 32ste (motorfietse). Hy het die laaste drie skofte in erge pyn gery nadat hy ’n row­ we val gehad het. Dit was sy tweede Da­ kar­poging. V Brett Cummings (Honda) eindig al­ geheel 43ste (motorfietse). Dit was sy eer­ ste Dakar.
OnsRyding Toyota Fortuner 3.0 D­4D 4x4 outomaties
Fortuner hyg glad nie in Namakwapark
ie Namakwa­ nasionale park naby Kamieskroon en Springbok in die Noord­Kaap is bekend vir sy prag­ tige landskap en mooi veldlewe. Dis ’n gebied wat ’n mens liefs moet besoek met ’n 4x4, bakkie of iets wat nie vir grond­ paaie skrik nie. Wat minder bekend is, is dat die Na­ makwapark ook die voorloper is van ’n bewaringsinisiatief waar Anatoliese her­ dershonde geteel word. Die honde word dan vir kleinveeboere gegee sodat hulle kuddes teen roofdiere kan beskerm. Ge­ volglik stel die veeboere minder strikke, wat minder onskuldige diere in die slag laat bly. Omdat die hondekosmaatskappy vir wie ek werk, by die projek betrokke is, wou ek gaan kyk hoe dit daar gaan. InRat het van die projek gehoor en hulle Fortuner vir die reis aangebied. Soos met enige wegbreeknaweek kom ek, my vrou, Annelie, en ons seun Jou­ bert drie uur later weg as wat die plan was. Dit veroorsaak natuurlik dat die rit deur die pragtige Pakhuispas op pad na Clanwilliam heeltemal te vinnig verby­ glip, want ons wil nie in die donker by ons naweekblyplek aankom nie. By Klawer hou ons darem stil vir ’n lekker Wimpy­burger. Die 550 km na Ka­ mieskroon gaan verbasend vinnig verby. ’n Mens besef nie regtig dat jy heuwels
op en af ry nie, want die Fortuner se turbodiesel sorg vir meer as genoeg krag. Ek het my reggemaak vir ’n stewige die­ selrekening, maar was verbaas oor die heel skaflike verbruik van ongeveer 10 li­ ter/100 km. Dis ’n bietjie swaarder as my Toyota Verso, maar ek sal beslis teen die einde van die maand nog kan kos koop. Die laaste 30 km tussen Kamieskroon en die park is ’n rowwe stukkie pad. Die Fortuner kwyt hom egter goed van sy taak en ons kom daar aan sonder stywe rugspiere en lam bene. Die Saterdagoggend is ons vroeg uit die vere om soveel as moontlik uit die dag te put. Die sonsopkoms is iets om te aanskou: Dit begin mistig… en dan breek die son bietjie vir bietjie deur. Ons het die blomme blykbaar met ’n maand ge­ mis, maar die veld is steeds ongelooflik mooi. Die honde word op ’n afgekampte deel van die park gehou. Dis belangrik dat ’n werkende Anatoliese hond nie te veel aan mense blootgestel word nie, want dan raak hulle geheg aan mense en doen nie die werk waarvoor hulle opgelei word nie. Die sukses van die hondeprojek be­ rus daarop dat hulle deel word van die skaap­ of boktrop waar hulle ingeskakel word. By die park kan gaste wel reël om die teelprojek te besoek of selfs na ’n
Ounooi se honne! Elanza met een van die projek se honde | FOTO: HANNO KOEN werkende hond te gaan kyk. Daar is nog geen prys daarvoor vasgestel nie, maar gaste kan gerus ’n donasie maak om die projek te ondersteun. Die projekstatistiek toon ’n dramatiese verskil: Kleinboere wat 30­40 diere per jaar verloor het, het nou of geen verliese meer nie, of verloor hoogstens 5 stuks vee. En die impak op die omgewing is enorm. Duisende veeboere gebruik strik­ ke en gif om hulle vee te beskerm. Agt uit elke tien diere wat só vrek, is nie diere wat eintlik in die boer se visier is nie. Pleks van jakkalse en rooikatte vrek skilpaaie, luiperds, jagluiperds,
muishonde en erdwolwe. Elanza en Bernard van Lente, wat in die Namakwapark werk, is die projekbe­ stuurders. Hulle het ’n passie vir die om­ gewing en groot liefde vir die honde. As mens daaraan dink dat Kahlua, Zorro, Mata Hari en Kie. so ’n groot verskil maak aan die ekostelsel, kan jy verstaan hoekom die Nasionale Parkeraad en Nu­ troscience betrokke is. Ná die kuiertjie by Elanza­hulle is dit tyd om die Fortuner so ’n bietjie te toets. Dele van die park is slegs met ’n 4x4 be­ gaanbaar. Op pad na die swemdam ry jy met ’n lang pad teen die berg af. Terwyl jy so afsak in die kloof en terugkyk na die huisies teen die rand, wonder jy hoe maklik jy weer bo gaan uitkom. Die ant­ woord: Baie maklik met ’n Fortuner. Wat meer wil jy hê? Pragtige natuur­ skoon, oop horisonne en koue lugreëling vir wanneer die kwik by 30 ºC gaan draai. Ons sluit die reis af met ’n vleisie oor die vuur en ’n yskoue glasie sauvig­ non blanc. Dan is dit tyd om die pad terug Paarl toe te vat. Op pad trek ons gou af by by die Kardoesie­padstal in die Piekeniers­ kloofpas naby Citrusdal om bene te rek, en dan is ons weer vort. Normaalweg is so ’n vinnige heen­en­weertjie uitputtend, maar die Fortuner het dit lag­lag kafge­ draf. – Hanno Koen ; Besoek die webwerf www.anatoliandogs.co.za/sponsor.html as jy geld wil skenk vir die projek.
Nuwe bloed, nuwe spanne F
Mark Webber en Sebastian Vettel by Infi­ niti Red Bull Racing se nu­ we RB9 FOTO: QUICKPIC wees... Vanjaar sal ook die eerste volle jaar vir Monisha Kalterborn, uitvoerende hoof van Sauber, as spanbaas wees. Dié In­ dies­gebore Oostenryker is die eerste vroulike spanbaas in Formule Een. O, en Ferrari oorweeg dit om weer die hulp van die (afgetrede) Suid­Afrikaans­ gebore Rory Byrne in te roep om te help met die ontwikkeling van sy 2014­motor – dis nou wanneer die F1­regulasies dra­ maties verander. Nadat die bekendstelling van die span­ ne se renmotors afgehandel is, was alle oë op Jerez in Spanje vir die seisoen se eerste toetssessies. Hoewel ’n mens nie te veel uit dié toetse moet aflei nie, gee dit wel ’n aanduiding van die onderskeie spanne se rengereedheid en motorbetrou­ baarheid. Vir die verdedigende kampioenspan, Red Bull, het sake steeds rooskleurig ge­ lyk, want in die hande van die heersende kampioen, Sebastien Vettel, kon die nuwe RB9 uit die staanspoor ’n vinnige pas handhaaf, én hy was betroubaar. Ook Lotus se E21, met Kimi Raikkonen en Roman Grosjean agter die stuur, het sy potensiaal getoon (twee vinnigste tye in die vierdagtoets op Jerez), terwyl Fer­ rari se Felipe Massa ook ’n vinnigste rondtetyd vermag het, weliswaar op die sagste Pirelli­band wat beskikbaar is. Mercedes se W04­debuut het proble­
Die F1 Grand Prix­kalender 1 – 17 Maart: Australië 2 – 24 Maart: Maleisie 3 – 14 April: China 4 – 21 April: Bahrein 5 – 12 Mei: Spanje 6 – 26 Mei: Monaco 7 – 9 Junie: Kanada
8 – 30 Junie: Brittanje 9 – 7 Julie: Duitsland 10 – 28 Julie: Hongarye 11 – 25 Augustus: België 12 – 8 September: Italië 13 – 22 September: Singapoer
14 – 6 Oktober: Korea 15 – 13 Oktober: Japan 16 – 27 Oktober: Indië 17 – 27 Oktober: Abu Dhabi 18 – 17 November: VSA 19 – 24 November: Brasilië
maties begin, en Hamilton se eerste pro­ beerslag het in ’n botsing teen die bande­ muur geëindig nadat die agterremstelsel gefaal het. Jenson Button het sommer gou die nuwe McLaren MP4­28 se spoed gewys, terwyl Sauber se taamlik radikale C32 bestendig vertoon het, net soos die VJM06 van Force India. Die spanne het net ’n week oor om da­ ta te verwerk en verstellings te maak vir die finale toetse in Barcelona voor hulle na Australië vertrek. Ons voorspellings? Wel, Red Bull is die gunsteling (hou vir Mark Webber dop...), maar moenie Lotus en McLaren onderskat nie. En Ferrari? Nou ja, kom ons kyk hoe verloop dinge in Barcelona... Wêreld­tydrenreeks (WRC) Sébastien Ogier en Julien Ingrassia het in verlede naweek se Sweedse tydren ge­ wys hulle goeie vertoning in die Monte Carlo­ren was g’n vloekskoot nie. Ná hulle tweede plek in Monaco het hulle in Swede die eerste keer in die nu­ we VW Polo R ’n WRC­oorwinning be­ haal. Hulle het die wintertydren oorheers en 41,8 sek. voor die huidige kampioene Sébastien Loeb and Daniel Elena (Citroën DS3 WRC) klaargemaak. Derde was Mads Østberg en Jonas An­ dersson (Ford Fiesta WRC), net 6,1 sek. voor Jari­Matti Latvala en Miikka Anttila (VW Polo R). Ogier is nou drie punte voor Loeb in die kampioenskap, met Øst­ berg derde, terwyl Citroën twee punte voor Volkswagen­motorsport is in die vervaardigerskampioenskap. Die derde ronde in die reeks vind van 7 tot 10 Maart in Mexiko plaas. SA Tydrenkampioenskap Volkswagen­motorsport het plaaslik ’n borgskap van die brandstofreus Sasol be­ kom vir die 2013­seisoen, en volgens die span lui dit vir die span ’n nuwe era in
die nasionale reeks in. Vanjaar sal die span drie Polo S2000­ spanne inskryf, met die veterane Enzo Kuun saam met Guy Hodgson, en Hergen Fekken saam met Pierre Arries wat deur die jongeling Henk Lategan en sy naviga­ tor, Barry White, bygestaan sal word, ter­ wyl Gugu Zulu en Carl Peskin weer die S2000­uitdaging met ’n Sasolracing Polo Vivo sal pak. Die VW­Sasol­vennootskap beteken die huidige kampioene, Mark Cronjé en Ro­ bin Houghton (Ford Fiesta) sit nou son­ der ’n borgskap, maar moet hulle geen­ sins onderskat nie. Dié paar is onlangs deur Malcolm Wilson, hoof van M­Sport wat die Fiesta­ tydrenmotors bou, uitgenooi om op 2 Maart met ’n Fiesta WRC­motor aan die Malcolm Wilson­tydren in Brittanje deel te neem. Cronjé se spanmaat van verlede jaar, Jon Williams, is ook nog borgloos, maar die verwagting is dat hy wel aan die plaaslike reeks sal deelneem, met sy pa, Doug, as navigator. Toyota is hard besig om twee nuwe Yaris S2000­motors te bou om die ou Aurisse te vervang waarmee die Castrol­ Toyota­span die afgelope vyf jaar deelge­ neem het. Verlede jaar se naaswenners, Johnny Gemmell en Carolyn Swan, sal weer saam met Leeroy Poulter en Elvene Coetzee in die Yaris­motors in aksie wees, terwyl Wilro Dippenaar en Nic van der Westhuizen in die ouer motors aan die S2000­uitdaging sal deelneem. Die Dakar­spesialis Giniel de Villiers sal aanvanklik met sy Imperial Toyota Auris jaag totdat ’n derde Yaris voltooi is (moontlik al in April, vir die Sasol­tyd­ ren). Sy navigator vanjaar is Greg Go­ drich, wat voorheen vir Charl Wilken in ’n Fiesta S2000 genavigeer het. Jan Habig en Robert Paisley, wat laasjaar vierde was, keer ook weer terug in hulle Basil Read­Ford Fiesta. In die S2000­uitdaging sal die Span Total­duo Jean­Pierre Damseaux en Mo­ hammed Moosa (Auris S2000) en Morné Janse van Rensburg (VW Polo Vivo) ook in aksie wees. In die tweewieldryf­kampioenskap vir S1600­motors sal Craig Trott, nou saam met Janine Lourens, weer in sy Span To­ tal­Toyota RunX deelneem, met verlede jaar se klaswenner Ashley Haigh­Smith (BP Castrol­Ford Fiesta) sy grootste me­ dedinger. Vanjaar neem Haigh­Smith ook aan die Junior­Wereldtydrenreeks deel, wat beteken dat hy helfte van die plaasli­ ke seisoen sal misloop. Die eerste nasio­ nale tydren word op Vrydag 8 en Sater­ dag 9 Maart in KwaZulu­Natal gehou. – Ferdi de Vos
BY OUTSURANCE SAL ONS AGTEROOR BUIG VIR JOU. ONS SAL ONS UITERSTE BES DOEN OM JOU GELD TE SPAAR OP JOU MOTORVERSEKERING. AS ONS NIE JOU HUIDIGE PREMIE KAN KLOP NIE,